By: Hanlie Stadler
Die onderverhaling op die pe trolprys het vandeesweek deur R2 per liter gebreek te midde van die verswakkende rand en stygende oliepryse.
Hoewel die oorsigmaand vir Junie se brandstol‘pryse nog tien dae duur, is daar nou die vooruitsig dat die petrolprys met meer as R350 per liter gaan styg en diesel met meer as R3 per liter.
So ‘n styglng in die dieselprys sal boere swaar tref, maar ook verbruikers omdat dit die koste van alle produkte sal beinvloed, aangesien die meeste verbruikersgoedere per pad vervoer word.
Die stygings sal hoog wees, selfs as die regering die verligting op die brandstofheffing van R1,50 per liter verleng wat vir April en Mei ingestel is.
Teen gisteroggend het die onderverhalings soos volg daar uitgesien:
- 95-oktaan-petrol: R2,07 per liter;
- 93-oktaan-petrol: R2,02 per liter;
- Diesel met 0,05% swael: R1,59 per liter;
- Diesel met ,% swael: R1,57 per liter; en
- Paraffien: R2,09 per liter.
Die onderverhalings is met hoeveel pryse sou moes styg as dit gister vasgestel sou word. Die laaste dag van die oorsigmaand is Donderdag 26 Mei. Die pryse vir Junie word Woensdag 1 Junie van krag.
Benewens die onderverhaling, moat R150 per liter- die afslag op die brandstofheffing wat twee maande lank ingestel is – by petrol en diesel getel word. Daar is nog geen aanduiding of die regering die verligting gaan verleng nie.
Nog ’n moontlike faktor is die balansfondsheffing. Omdat oliepryse die laaste paar weke gestyg het, skuld die regering brandstofmaatskappye geld — en die balansfonds is steeds diep in die rooi ná byna ’n jaar van prysstygings nadat die groot en kleinhandelprys vir die maand reeds vasgestel is. Die balansfondsheffing, wat nou 52,62c per liter beloop, sal dus moontlik verhoog word.
Verskeie ontleders het in die laaste paar weke hul kommer uitgespreek oor die druk op verbruikers. Benewens die petrol- en dieselprys, is ander faktore wat kommer wek, die volgende:
- Die inflasiekoers vir April word vandag bekend gemaak; dit was in Maart reeds 5,9%;
- Die rentekoers word môre dalk met 50 basispunte verhoog; en
- Die verwagting is dat munisipale kragtariewe in Julie met tot 10% gaan styg.
Volgens die skuldberadingsmaatskappy DebtBusters is die skuld van mense wat R20 000 per maand of meer verdien, op rekordvlakke. Hul totale skuld beloop mm 150% van hul netto jaarlikse inkomste — die hoogste tot nog toe. Vyf jaar gelede was dit 129%
FNB raam dat mense tot 80% van hul salaris binne vyf dae bestee. Die orige 20% moet dus sowat 25 dae lank hou. FNB se syfers is vir mense wat tussen R180 000 an R500 000 per jaar, oftwel sowat R15 000 tot R42 000 per maand, verdien.
Die meeste van die geld – sowat 65% — gaan aan skuldpaaiemente. Sowat 35% van mense se inkomste word aan gesekureerde krediel bestee, dus hul huis- en motorpaaiemente, terwyl 30% ongesekureerde krediet is, dus krediet- en winkelkaarte en per soonlike lenings.
Die betalings gaan dus alles eersdaags styg.
Neil Roets, uitvoerende hoof van Debt Rescue, sé die styegende rentekoers gaan waarskynlik baie mense dwing om hul begroting te sny. Die eerste dinge wat mense kanselleer of waarop hulle afskaal, is juis korttermynversekering, lewensversekering en spaar.
Volgens ‘n onlangse peiling van Debt Rescue het 53% van mense al hul versekering verminder en 20% het polisse heeltemal gekanselleer.
“Dis nooit ‘n goeie teken nie, veral nie in die huidige onsekere finansiële klimaat nie en dui op die vlak van desperaatheid wat mense beleef. Die enigste ander alternatief is om meer skuld aan te gaan om die bykomende uitgawes te hanteer.”
Vi!“ mense met ‘n laer inkomste is daar ’n groot risiko dat hulle hul kosbegroting moet besnoei. Dit word vir arm huishoudings al hoe moeiliker om voedsame maaltye op die tafel te sit.
Debt Rescue se peiling dui daarop dat 54% van huishoudings voedsame kos deur goedkoper bestanddele moes vervang. “Die werklikheid is dat meer en meer stapelvoedselsoorte vandeesmaand van die tafel van miljoene huishoudings sal verdwyn- en wie weet wat volgende maand sal gebeur?”