Ekonome weeg in oor wat kan oorlê
By Hanlie Stadler
Die Reserwebank is vasgevang tussen verskillende draaikolke, maar kritiek op die sentrale bank dat hoër rentekoerse die ekonomie gaan knou, is volgens ekonome misplaas.
Die werklike sondaar wat ekonomiese groei kniehalter, is nie hoer rentekoerse nie, maar “Eskom se onvermoë om volhoubaar krag op te wek en die swak diens lewering van munisipaliteite,” sê prof. Jannie Rossouw, ekonoom verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand se sakeskool en ‘n voormalige werknemer van die Reserwebank.
Hy sê Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, en die res van die monetêrebeleidskomitee (MBK) moet steeds hard veg om inflasie, en veral inasieverwagtinge, in bedwang te bring.
“Hulle moet beslis optree, anders raak hulle agter die kurwe en sal inasie weghol. Dis wat in Brittanje en die VSA gebeur het.”
Sy reaksie kom nadat die Reserwebank gister die rentekoers met 75 basispunte verhoog het – die grootste verhoging in 20 jaar, sedert September 2002 toe dit met 100 basispunte verhoog is In Oktober 2002 het inflasie by 13% gedraai. Statistieke Suid-Afrika het eergister bekend gemaak inflasie het in Junie opgeskiet tot 7,4%, van 65% in Mei.
Andrew Bailey, president van die Bank of England, word daar van beskuldig dat hy en sý MBK agter die stuurwiel aan die slaap geraak het. Ondanks vyf klein rentekoersverhogings in die land het inflasie in Junie tot 9,4% opgeskiet, die hoogste in 40 jaar.
Dr. Jerome Powell, voorsitter van die Federale Reserweraad (Fed) in die VSA, loop ook deur onder kritiek nadat monetêre beleid nie wegholinasie gekeer het nie. Inflasie in die VSA was in Junie 9,1%, die hoogste in 41 jaar.
Kritici meen die Junie-verhoging van 75 basispunte in die Fed se federale rentekoers is swak en laat aan die mark gekommunikeer.
Carmen Nel van die fondsbestuurder Matrix sê die Reserwebank “het sy geloofwaardigheid n behou” deur op inflasie te fokus.
Rossouw sê dit sou nie vir die Reserwebank onvanpas gewees het om die rentekoers met 100 basispunte te verhoog nie, soos een van die vyf MBK-lede voorgestel het. “Daar is marge vir nóg hoër rentekoerse as die inflasiekoers nie vinnig daal nie.”
Die FNB-ekonoom Koketso Marno voorspel dat inflasie tot in Oktober gaan styg en selfs 8,6% gaan haal, die hoogste sedert Februarie Ekonome soos Nicky Weimar van Nedbank glo dat Julie die boonste draaipunt sal wees.
Die Reserwebank dui nie aan wanneer hy reken inflasie sal draai nie, maar verwag dat dit eers teen die vierde kwartaal van 2024 tot die middelpunt van sy teikenband, dus 4,5%, sal terugsak.
Die sentrale bank voorspel nou dat inasie vir die hele 2022 gemiddeld 6,5% gaan beloop, dus heelwat hoër as sy verwagting in Mei van 5,9%.
Rossouw sê die stryd teen inflasie moet die bank se prioriteit bly aangesien dit armes tref. Statistieke Suid-Afrika het juis bekend gemaak die twee onderste inkomstekerwe in die land beleef inflasie van onderskeidelik 9,1% en 8,5% teenoor die nasionale gemiddelde van 7,4%.
Mamello Matikinca-Ngwenya, FNB se hoofekonoom, sê die Reserwebank probeer voorkom dat die verskil in die rentekoers tussen Suid-Afrika en sy belangrikste handelsvennote te groot word.
Dit sou Suid-Afrikaanse bateklasse vir buitelandse beleggers onaanloklik maak. ’n Groter uitvloei van geld sal die rand verder laat verswak en inaflsie opdruk.
Steeds is daar diepe kommer oor die impak van die rentekoersverhoging op mense met skuld.
Neil Roets, uitvoerende hoof van Debt Rescue, sê dis onafwendbaar dat baie mense onder erger finnansiële druk gaan wees. Baie Suid-Afrikaners oorleef die maand met hul kredietkaart of betaaldaglenings.
Volgens DebtBusters bestee 39% van Suid-Afrikaners meer as die helfte van hul inkomste om skuld af te betaal en 72% bestee meer as 30% aan skuld. Hoër rentekoerse raak die meeste mense.
“Ons het reeds 7 miljoen mense wat chronies honger ly en elke nag 20 miljoen mense wat honger gaan slaap,” sê Roets.
Die prys van basiese kos het die afgelope jaar met gemiddeld 13,6% opgeskiet, luidens die Pietermaritzburg Economic Justice and Dignity Group se Junie-indeks van bekostigbaarheid. Kookolie is nou 69% duurder as ’n jaar gelede en koekmeel 24% duurder.
Die DA-LP dr. Dion George het gesê Suid-Afrika “sou beter in staat gewees het om ekonomiese skokke te absorbeer as die ekonomie beter bestuur is”.
Hy pleit vir makro-ekonomiese beleide wat op grond van bewese getuienis gekies word.
“Monetêre beleid kan net so ver gaan om inflasiedruk te bestry.
Die regering moet reageer met ingrypings in fiskale beleid.”
Hy pleit daarom vir belastingverligting vir Suid-Afrikaners.