Hou só in donkerder tye kop bo water…


Nou is die tyd om ’n paar veranderinge aan te bring

By Nellie Brand-Jonker

Stygende voedselpty’se, ‘n brandstofprys sonder brieke en rentekoerse wat nou elke twee maande verhoog word, dra by tot die geldknyp wat huishoudings al hoe meer voel.

Petrol is 27% duurder as ‘n jaar gelede. “Die brandstofprysstygings het ‘n groot impak op verbruikers en die huidige hoë lewenskoste maak dit vir mense moeilik om hul geldsake te bestuur,” sé Himal Parbhoo, uitvoerende hoof van FNB Retail Cash Investments.

Mense moet immers werk toe ry, kinders by die skool aflaai en ander draaie ry. Hy raai mense aan om to beplan waarheen hulle daagliks en weekliks moet ry, en ‘n saamryklub werk toe of om kinders skool toe te neem, is altyd ‘n goeie idee.

Hoewel dit lyk asof brandstofpryse die grootse uitwerking het op mense met boertuie, het dit ‘n groter impak wat alle verbruikers aan hul sak voel.

Dit raak ook pendelaars wat van openbare vervoer gebruik maak.

‘n Hoër dieselprys raak die vervoerbedryf en dit verhoog die prys van kos en klere.

Neil Roets, uitvoerende hoof van Debt Rescue, sê elke brandstofprysverhoging bring ‘n styging in voedselpryse en hoër inflasie mee. “Die hartseer werklikneid is dat al hoe meer verbruikers wat toegang tot krediet het, elke maand kos en ander huishoudelike artikels op krediet en met winkelkaarte gaan koop net om to oorleef.”

Roets sê baie verbruikers het reeds die gordel stywer getrek en kan steeds nie oorleef nie. “Dit klink dalk sinloos vir dié wat reeds die gordel slywer getrek het waar hulle ook al kan, maar dit is werklik voordelig om ‘n deeglike ondersoek te doen na waar jy koste kan besnoei duer ekstra waaksaam te wees.”

Roets se boonap gaan kragtariewe vandeesmaand styg. Dit is een van die groot uitgawes van gesinne. “Klien veranderinge soos om gloeilampe te vervang wat energiedoeltreffender gebruik en om jou geiser met ‘n geiserkimbers te bedek, kan koste verminder.”

Waterpryse styg ook vandeesmaand en verbruikers moet ook hier maniere vind om koste te bespaar, soos om badwater te hergebruik of reënwater op te gaar om plante nat te lei of die toilet to spoel.

Shafeeka Anthony, bemaarkingsbestuurder van Justmoney, sê die Covid-19 Pandemie, werkverliese en stygings in die pryse van huishoudelike goedere en dienste het baie mense se reeds benarde finansiële situasie vererger. “Dit is absoluut noodsaaklik om jou finansiële situasie eerlik te beoordeel en ‘n plan te beraam. ‘n Terugkeer na die basiese beginsels en n fokus op noodsaaklikhede is die enigsta manier waarop die meeste mense in hul huidige behoeftes sal kan voorsien.”

Esier Ochse, produkhoof van geldbestuur van FNB sê verbruikers moet voortdurend hul bestedingsdewoontes evalueer en daagliks bewustelik bestedingsbesluite neem. ” Daar moet ‘n verandering in denkwyse wees hieroor. Jy moet bewus wees hieroor. Jy moet bewus wees van hoe en waar jy jou geld bestee.”

Beplan jou week vooruit

Beplan jou week.

Kruideniersware en brandstof is volgend FNB twee van die toptien items waaroor verbruikers begroot. “Sekere winkels het afslag- of pensioenarisdae; probeer om jou inkopies op daardie dae te doen. Beplanning sal jou help om jou tyd te bestuur en ‘n bietjie meer te bespaar,” sê Parbhoo.

Bekyk jou week- en maandbegroting

“Om jou weelikse besteding na te gaan, sal jou help bepaal hoeveel jy kan bekostig en hoeveel jy kan bespaar op grond van jou begroting,” sê Ochse.

“In hierdie tye is dit belangrik om presies te weet waarheen jou geld gaan, aangesien elke rand en sent tel.”

Maak seker jy weet hoeveel geld jy maandeliks inkry en uitgee, wat jou vaste uitgawes is en wat die wisselende uitgawes is, sê Anthony. Gaan aan die einde van die maande jou begroting na om te bepaal of jy daarby gebly het.

“Wanneer ons gewoond geraak het aan ‘n sekere leefstyl en lewenspeil, is die idee van ’n verandering aanvanklik baie ongemaklik. Om ‘n paar veranderinge aan te bring, is egter die engigste manier waarop baie mense die stygende lewenskoste sal kan hanteer. Dit help om aan die proses te dink as ‘n manier om beheer oor jou lewe te neem.”

Raak ‘n slimmer verbruiker

Anthony se verbruikers moet supermarkte se spesiale aanbieding en laekoste-handelsnaamprodukte benut. “Dit maak finansieel sin om ‘n slim koper te word, Koste te vergelyk, lojaliteitskaarte se belonings dop te hou en te bereken hoeveel dit kos om in grootmaat te koop.”

Verbruikers moet ook vergeet van lojaliteit teenoor ‘n handelsnaam of winkelgroep.

Roets sê nuwe inkopiegewoontes is ‘n goeie plek om te begin om jou kosrekening te verminder. ” ‘n EEnvoudige ding soos om ‘n gemeenskapskoerant duer te gaan vir spesiale aanbiedings of om by winkels te gaan inkopies doen wat naby mekaar geleë is, kan help om die brandstofrekening laer te hou.”

Sy raad is om altyd met ‘n inkopielys winkels toe te gaan sodat jy nie iets vergeet en moet terugry of meer koop as wat nodig is nie.

Beplan ook jou maaltye vooruit, wat tyd en geld bespaar en die versoeking van uiteet verminder. As jy will gaan uiteet, soet vir spesiale aanbiedinge by restaurante.

Anthony sê verbruikers kan ook geld bespaar deur aanlyn te koop. Die voordele sluit nie net die besparing op petrolgeld in nie, maar ook parkeergeld en minder versoekings.

FNB sê sedert die Covid-19 pandemie is aanlyn aankope baie toeganklik ook hier na afslag en gebruik aanlyn afleweringsprogramme vir sekere artikels wat jy nodig het. Dit sal jou help om brandstof te bespaar en ‘n paar winskopies te kry sodat ju ‘n bietjie meer kan bespaar, sê sy.

Die bykomende voordeel is dat dit dan makliker is om by ‘n lys ie hou wanneer jy inkopies doen.

Verminder jou skuld

Skuld is aanvaarbaar as dit ‘n huislening is om eiendom te koop, maar dit is sleg om skuld te maak om die jongste toestelle op die mark te koop, sê Anthony.

“Wanneer meer as ‘n derde van jou inkomste nodig is on jou skuld te delge en jy lenings moet aangaan om elke maand te oorleef, moet jy hulp kry woorday ‘n regsproses dalk teen jou begin word,”

Hou aan spaar

Selfs klein bedrae wat per maand gespaar kan word, is belangrik.

Dit kan gedoen word deur op te hou om wegneemkoffie te koop of jou lidmaatskap van ‘n gimnasium wat jy dalk nooit gebruik nie, te beëindig. “Jy sal verbaas wees hoeveel dit per jaar beloop as jy dit kan spaar,” sê Anthony.



Source link