‘Ons sal almal ons rieme dunner moet sny’


Dis tyd om twee keer te dink voordat jy ’n cappuccino met jou kredietkaart koop of selfs op jou kaart petrol ingooi

“Ons sal almal ons leefstyl moet aanpas om uit te kom met wat ons het,” waarsku Neil Roets, uitvoerende hoof van die skuldberadingsfirma Debt Rescue, in die lig van die skerp styging wat in brandstofpryse verwag word.

“Dinge is reeds baie moeilik vir verbruikers en dit sal net vererger as petrol in April met meer as R2 per liter duurder word, soos dinge nou lyk. Kospryse gaan na verwagting 66k skerp styg – alles weens die Russiese inval in Oekraïne.”

Roets moedig verbruikers aan om proaktief te wees eerder as om die uitwerking van stygende koste te probeer ignoreer. Om al hoe meer inkopies op jou krediet- of winkelkaart te doen, is nie die antwoord nie – “dis die begin van ’n donker dalende spiraal”.

“Dit maak nie saak hoe moeilik dit word om die huishouding se begroting te laat klop nie, om lewenskoste met skuld te betaal is ’n resep vir ’n ramp – dis soos om ’n gat te grawe waaruit jy nooit kan klim nie.”

Selfs mense met ’n goeie werk en stabiele inkomste kan oorweldig raak deur skuld as hulle nie hul leefstyl aanpas nie.

Sy advies is dat mense weer met ’n kritiese oog na hul begroting kyk.

Hy sé selfs met noodsaaklike uitgawes, soos Vir krag en kos, is daar baie dinge wat ’n mens kan doen om geld te bespaar — en ’n klomp klein veranderinge kan stewig optel.

“Daar is slim maniere om uitgawes te besnoei as jy ’n bietjie kreatief raak”

Like

Like
Love
Haha
Wow
Sad
Angry



Source link