Verhoging kon selfs Hoër gewees het


Dit was so hittete of die verhoging van die rentekoers was nie net 75 basispunte nie, maar ‘n voile 100 basispunte nadat twee van die vyf lede van die moneterebeleidskomitee (MBK) van die Reserwebank ‘n verhoging van 100 basispunte wou gehad het.

Dit is een meer as wat in Julie daarvoor gestem het. Drie van hulle het gestem vir die verhoging van 75 basispunte wat die repokoers, waarteen die sentrale bank geld aan handelsbanke uitleen, op 6,25% te staan bring. Die primakoers van banke is nou 9,75%. Dit is dieselfde as wat dit in Januarie 2020 was voordat die Covid-19-pandemie begin het. In Julie is die rentekoers vir die eerste keer in 20 jaar met 75 basispunte verhoog, wat bete-ken dit is nou twee opvolgende keer so aggressief verhoog. Angelika Goliger, hoofekonoom van EY Africa, se daar is ‘n aggressiewe kanteling in die beleidskomitee met die twee lede wat vir ‘n verhoging van 100 basispunte gestem het. Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, is op ‘n mediakonferensie gevra oor die twee lede se voorkeur vir die 100 basispunte. “Lede het voorkeure en dan word dit bespreek. Sekere lede mag dink ons moet vinniger op-tree en ander dink later,” se hy. Hy wou horn the uitlaat oor wat dit vir die volgende rentekoersverhoging gaan beteken nie. Carmen Nel, ekonoom en makrostrateeg van Matrix-fondsbestuurders, se ook die stemmery van die lede dui duidelik op ‘n meer aggressiewe toon.

Samuel Seeft voorsitter van die Seeff Property Group, se die 75 basispunte was nie ‘n verrassing nie, maar 100 basispunte sou oordadig en te hoog gewees het in die huidige toestande. Neil Roets, uitvoerende hoof van Debt Rescue, noem dit ‘n skokkende verhoging. “Dit is geen verrassing dat die jongste verhoging verbruikers tot nuwe dieptes van wan-hoop gaan stuur nie, met die enigste uitslag dat lewenskoste nog verder gaan styg in ‘n stadium dat Suid-Afrikaners nie meer kop bo water kan hou en kos op die tafel kan sit nie.” Kganyago is gevra of hy the glo die rentekoersverhogings is sleg vir die ekonomie the. Hy se die besluit oor die ren-tekoersverhogings vind plaas binne die konteks van ekono-miese toestande. “Die Reserwebank het ‘n mandaat van prysstabiliteit en ons kyk na ander aanwysers soos wat met ekonomiese groei gebeur relatief tot wat dit kan wees. “Die stygende lewenskoste soos gesien kan word in inflasie – is sleg vir die ekonomie. En as ons nie nou lets aan inflasie doen nie, gaan dit later nadelig vir die ekonomie wees.” Hy se geen land sal doelbe-wus sy ekonomie in ‘n resessie dompel met rentekoersverho-gings nie, maar die stygende in-flasie wereldwyd moet aandag kry.

Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, by die rentekoersaankondiging gister.
Sf, mak stvginq err rentekners jou Die Reserwebank het Donderdag die sesde agtereenvolgende rentekoersverhoging aangekondig. Dis met 0,75 van ‘n persentasiepunt (p.p.) verhoog. Die grafiek illustreer hoe dit jou kan raak.

Persoon A Betaal ‘n intreevlakmotor en woonstel af

Datsun Go* Prys: R184 600 Termyn:5 jaar (60 maande) Paaiement teen prima van 9%: R3 832 Paaiement teen prima van 9,75%: R3 899,54 Styging in paaiement: R67,54

Persoon B Betaal ‘n redelik luukse motor en groot huisaf

Volkswagen Tiguan* Prys: R558 900 Termyn: 5 jaar (60 maande) Paaiement teen prima van 9%: R11 602 Paaiement teen prima van 9,75%: 11 806,34 Styging in paaiement: R204,34

2-slaapkamerwoonstel in Brackenfell, Kaapstad** Prys: R850,000 Termyn: 20 jaar verband vir die voile koopprys Paaiement teen prima van 9%: R7 648 Paarement teen prima van 9,5%: R8 062 Styging in paaiement: R414

Totale styging in skuldafbetaling R481,54

5-slaapkamerhuis in Fourways Gardens, Johannesburg** Prys: R7595 000 Termyn: 20 jaar verband vir die voile koopprys Paaiement teen prima van 9%: R68 334 Paaiement teen prima van 9,5%: R72 040 Styging in paaiement: R3 706

Totale styging in skuldafbetaling: R3 910,34

In albel gevalle is die prys van die mees basiese model gekies soos dit op 22 September 2022 op Datsun en Volkswagen se webwerf aangedui is.

*Die eiendomme is soos geadverteer op Property24 op 22 September 2022. Die spesifieke eiendomme word slegs ter illustrasie gebruik. Individuele verskille sal bepaal word deur die waarde en termyn van die lening, die rentekoers van elke lening en of mense al meer geld inbetaal het of geld uit hul verband onttrek het. Dit sluit ook nie administrasiekoste in nie. Hoewel die bedrae dalk klein lyk, moet ook in ag geneem word dat kos, brandstof en krag vanjaar bale skerp duurder geword het. Daarby het bale mense ook kredlet- en winkelkaarte en persoonlike lenings. waarop die rentekoers 66k styg. Theuns Kruger. Grafika24

“Dit is nie wat ons doen nie en ek kan nie glo ‘n ander sen-trale bank sal dit doen nie.” Die Reserwebank kry ook lei-ding oor die rentekoersverho-ging van sy kwartaallikse pro-jeksiemodel (QPM). Dit dui aan einde 2022 moet dit 5,6% wees.

Hy is gevra hoekom daar so skerp afgewyk word daarvan. “Ons gehoorsaam nie die QPM nie. Dit is ‘n inset in ons besluitnemingsproses. In 2020 is ook daarvan afgewyk en ons het vroeg begin met rentekoers-verlagings. Ons het toe gese die komitee kan nie sy besluit uit-kontrakteer na ‘n model the. “Dit is nou dieselfde situasie. Die model se 25 basispunte in November en niks nou nie, maar die komitee se ontleding is as ons nie betyds optree nie, gaan dit lei tot groter aanpas-sings later wat nadelig vir die ekonomie kan wees.” Hy glo as nou gekyk word na wat inflasie was, het die Reser-webank the te laat opgetree nie, maar ook the te vroeg nie. “Ons het dalk begin verhoog voor die ontwikkelde lande se sentrale banke, maar Latyns-Amerika se sentrale banke het lank voor ons begin. “Ons het die gebeure in die Suid-Afrikaanse ekonomie ont-leed, asook die risiko’s vir groei en vir inflasie, en dan daarvol-gens besluit.” Jacques Celliers, uitvoerende hoof van FNB, se hoewel die uitwerking van die verhoogde rentekoers negatief vir verbrui-kers lyk, is die impak van sty-gende inflasie aansienlik ernsti-ger. Ekonome het voorspel dit gaan met 75 basispunte verhoog word. Mamello Matikinca-Ngwe-nya, FNB se hoofekonoom, se hulle het verwag dat die be-leidskomitee met sy aggressie-we verhogings sou voortgaan. “Dit was in ooreenstemming met ons en Bloomberg se kon-sensusverwagtinge.” Sy se die aggressiewe koers-verhoging het gekom ondanks die ekonomie wat in die tweede kwartaal ingekrimp het. “Dit weerspieel die beleidsko-mitee se strewe om inflasiever-wagtinge op mediumtermyn in bedwang te hou.” FNB verwag dat die Reserwe-bank die repokoers met 50 ba-sispunte sal verhoog in Novem-ber. FNB glo die 6,75% sal dan die draaipunt wees. “Die voortgesette aggressiewe koersverhogings word deels veroorsaak deur die wereldwye finansiele toestande, die swak-ker rand en druk van werkers om lone skerp te verhoog om by hoer lewenskoste by te hou.” Dit is die sesde vergadering van die komitee waarop die rentekoers verhoog word. Die Reserwebank verwag nou dat die Suid-Afrikaanse ekono-mie teen 1,9% gaan groei verge-leke met 2% wat in Julie ver-wag is.

Die ekonomiese groei vir volgende jaar en the daarop-volgende jaar van 1,4% en 1,7% is egter hoer as vorige voorspel-lings. Kganyago se die normalise-ring van rentekoersbeleid in groot ekonomiee weens die ho-er as verwagte inflasie wat beers en die verlangsaming van China se groei het bygedra tot the rand se verswakking in die afgelope maande. Die rand het sedert Julie met sowat 3% teenoor die dollar verswak en die internasionale fmansiele toestande bied verde-re risiko’s vir die geldeenheid. Die rand het gister 1,1% of 19c versterk tot R17,53 van die vorige dag se R17,73. Kganyago se ondanks die ver-laging in voedselprysinflasie in-ternasionaal, word verwag dat plaaslike voedselprysinflasie gaan verhoog. Die Reserwe-bank verwag nou dit gaan 8,1% wees vanjaar teenoor sy vorige voorspelling van 7,4%. Gemiddelde salarisverho-gings gaan ook minder wees as wat in Julie verwag is, naamlik 5,1%. Volgens hom word verwag dat inflasie eers in the vierde kwartaal na die middelpunt van die teiken gaan terugkeer. “Die doel van die Reserwe-bank se beleid is om inflasie-verwagtinge stewiger te anker rondom die middelpunt van die teikenband van 3% tot 6% en om vertroue te verhoog dat die inflasieteiken teen 2024 bereik gaan word.” Hayley Parry, ‘n geldadviseur van 1Life’s Truth About Money, se die ongekende tweede opeen-volgende 75 basispunt-verho-ging gaan druk plaas op ver-bruikers om hul skuld te diens. Die terugbetaling op ‘n huis-lening van RI mlljoen is by-voorbeeld R488 per maand meer op R9 485. Dit is R1276 meer per maand as voor November 2021 toe die rentekoers begin verhoog is.

“As jy nog nie het nie, is dit nou die tyd om jou geldsake in orde te kry. In die soort omgewing is dit nood-saaklik dat jy die geld wat jy het, beter bestuur.”



Source link